Oseaniese tale

Oseaniese tale
Geografiese
verspreiding:
Melanesië, Mikronesië, Polinesië
Genetiese
klassifikasie
:
Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Kern-Maleis-Polinesies
   Oseaniese tale
Onderafdelings:

Takke van die Oseaniese tale:

   Admiraliteits en Yapees

   Sint-Matthias

   Wes-Oseanies

   Temotu

   Suidoos-Salomonies

   Suid-Oseanies

   Mikronesies

   Fidjiaans-Polinesies

Die Oseaniese tale vorm die oostelike tak van die Maleis-Polinesiese tale. Dit omvat omtrent 450 tale wat deur sowat twee miljoen mense in die streke Melanesië, Mikronesië en Polinesië gepraat word. Die Mikronesiese en die Polinesiese tale vorm die twee bekendste en belangrikste taalgroepe. Die Oseaniese tale is ná die streek Oseanië genoem.

Die Mikronesiese tale word deur sowat 430 000 mense gepraat en sluit Kiribaties, Marshallees en Nauruaans in.

Die Polinesiese tale word deur sowat 900 000 mense gepraat en sluit Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Niuies, Rapa Nui, Samoaans, Tahitiaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans in.

Die mees gebruikte Sentraal-Oseaniese taal is Fidjiaans met sowat 660 000 sprekers.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy